Douglas A-1 Skyraider

Douglas A-1 Skyraider
Tipe Aanvalsvliegtuig
Vervaardiger Douglas
Ontwerp deur Ed Heineman
Nooiensvlug 19 Maart 1945
Hoofgebruiker Amerikaanse Vloot
Aantal gebou 3 180
Programkoste -

Die Douglas A-1 Skyraider was 'n skroefaangedrewe aanvalsvliegtuig wat laat tydens die Tweede Wêreldoorlog in diens gestel is deur die Amerikaanse Vloot. Dit het die Douglas SBD Dauntless vervang en was ook gebruik in die Korea en Vietnam-oorloë.

Die prototipe, XBT2D, het sy nooiensvlug op 19 Maart 1945 voltooi. In Februarie 1946 was dit die swaarste enkelsitplek vliegtuig in produksie. Dit was ontwerp rondom die Wright R-3350 enjin en die ontwerp kon die voordeel kry van jare se oorlogsondervinding. Die vlerke kon opvou sodat dit op vliegdekskepe gebruik kon word. Eers in Desember 1946 was die vliegtuie in diens gestel toe die eerstes aan vloot se VA-19A eskaders afgelewer is. Die vliegtuig het dus nie diens gedoen tydens die Tweede Wêreldoorlog nie.

Daar word aan die Korea-oorlog gedink as die stralervliegtuig oorlog maar die Skyraider se 10-uur uithou vermoë in die lug en vermoë om 'n groot verskeidenheid wapens te kon dra het gemaak dat hulle enige straalvliegtuig oortref het. Dit het 'n groot indruk op die Amerikaanse Vloot gemaak.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search